Sandra Wilhelmina Keramiek
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog

Raise a Hallelujah

29/8/2020

0 Comments

 
Wat 'n ongelooflike vreemde tyd bevind ons onsself in!  Soms voel dit vir my soos 'n droom, 'n movie...  maar tog is dit nou ons werklikheid.  Dit is nou amper 6 maande vanaf ek my grootste deel van my inkomste verloor het, soos julle weet het ek so bietjie meer as drie jaar terug begin met decor vir troues, wel geen troues was toegelaat tot nou nie.

Tog was hierdie tyd presies wat ek nodig gehad het, ek kan tot so ver gaan as om te sê dit het my lewe gered.  Dit het my gedwing om stil te word en te besef my gesondheid is nie wat dit moet wees nie.  Ek het taamlik groot geskrik toe ek by my huis dokter uitvind my bloeddruk is 165 oor 110 en ek is basies heeltemal uitgebrand.  So nou kan ek ook sê dat ek is op die brille en pille stadium van my lewe, jip ek het ook vir my 'n +1 brilletjie by Dischem gekoop.

Nie net met my gesondheid nie, maar ook in my besighede weet ek presies waar ek wil gaan.  'n Blessing, wat voorwaar op die regte tyd gekom het, ek is so opgewonde vir die pad wat voor lê, nie net vir Sandra Wilhelmina nie, maar ook vir Melkbos Decor.

Ek het nou die dag verby 'n trekker en wa gery, die pa of oupa het natuurlik die trekker bestuur en 'n klein ou seuntjie het agterop die wa gesit.  Dit het soveel vreugde in my opgeborrel, vir dankbaarheid vir hierdie tyd, dankie dat ons gedwing is om rustig te word, om te besef wat regtig belangrik is.  Mag ons hierdie dure dure lesse nooit ooit weer vergeet nie.

Die virus is hier om te bly sê hulle...  mag sy dure lesse ook vir altyd saam met ons bly.  Mag ons stil en rustig bly en nooit weer terug gaan na die gejaag waar ons was nie, dankie dat ons kon sien wat belangrik is.  
I raise a hallelujah, in the presence of my enemies
I raise a hallelujah, louder than the unbelief
I raise a hallelujah, my weapon is a melody
I raise a hallelujah, Heaven comes to fight for me


I’m gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you’re gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive

I raise a hallelujah, with everything inside of me
I raise a hallelujah, I will watch the darkness flee
I raise a hallelujah, in the middle of the mystery
I raise a hallelujah, fear you lost your hold on me

Sing a little louder
In the presence of my enemies
Sing a little louder
Louder than the unbelief
Sing a little louder
My weapon is a melody
Sing a little louder
Heaven comes to fight for me

- 
Raise A Hallelujah - Bethel Music, Jonathan & Melissa Helser | VICTORY

MY WEAPON IS A MELODY
0 Comments

Blom waar jy geplant is

27/10/2019

0 Comments

 
Picture
Image: https://sortthethought.com

...dit het vir my 'n lang tyd gevat om uit te vind waarheen ek gaan met my nuwe keramiek reeks, al wat ek geweet het is dat dit definitief iets met blomme te doen het.  Na vele blomme se verf en baie baie weerstand het ek uiteindelik my reeks... blom waar jy geplant is... nie met blomme, maar slegs minimalistiese skrif en woorde.  Soos dit gaan in die lewe.  Met baie stampe en stote, met alleen en hartseer, met swaarkry en bang wees vir die toekoms, die dinge in die lewe wat ons nie altyd wil wys nie... net daar moet ons blom waar ons geplant is.

Hierdie reeks weerspieël dit, 'n kaal inspirasie of 'n tikkie lafgeit, maar val onder die reeks, Blom waar jy geplant is, van kleurvolle blomme wat ons nie altyd kan sien nie.
Ander items in die reeks:  Voorskote, servette en melamien items met kleurvolle vrolike drukwerk van waterverf blomme, foto drukwerk en pragtige syblomme.
0 Comments

pressure testing...

28/7/2019

0 Comments

 
 It has been an eventful couple of years since my last post in February 2016.  After my divorce, I thought it would be impossible for me to love another man, just for the simple reason that I loved my ex husband so much, although I knew that we will never be together again and that he moved on.

I met a man that was funny and got my sense of humor, within six months I fell pregnant and needless to say he left and moved on with his life.  The hardest for me in this entire situation was to disappoint my dad, because I knew immediately that this man was not going to stick around for me and that this will hurt my dad the most, because I know that he doesn't want me to be lonely, because we both been very lonely in our lives and I know that this possibility for me for the rest of my life will be devastating to him.  I knew that at age 43 with a baby will bring a couple of challenges for me.  Despite all this I wasn't broken and just got up and wiped my tears and moved on.

I knew I could't do my pottery business with a baby by my side so I started my decor business, Melkbosstrand Decor & Functions, funny enough this was something I always wanted to do.  When I was in grade 12, I wanted to enrol in a course after school to go into the event planning business, but computers was the future and I started a course in Dos after school, I did not even know if I passed the year, I was not interested at all, needless to say that was time wasted.  So 24 years later I started doing what I wanted to do all my life.  Everything happened so easily for me, I got my first wedding and it snowballed from there, so it was confirmation that God's hand was in it.  Although I always knew that Sandra Wilhelmina will always be picked up again. 

​So little Mia is now two years old and at last I am painting again.  I am so blessed to be able to do both.

I started painting magnolia flowers, but when my sister send me a picture of a poppy flower, I googled the meaning and came across the following.   "What does the Poppy flower mean?  For many cultures, the Poppy is a symbol of:  Restful sleep and recovery, consolation for a loss or death in the family, remembering the fallen of various wars and armed conflicts, a lively imagination, peace in death, messages delivered in dreams, resurrection and eternal life, beauty and success, extravagance and luxury."

I thought that this is so perfect for this season in my life and for the new Sandra Wilhelmina.  Although I went through some difficult times while falling pregnant again and raising little Mia, I can with 100% say that I now am recovered of very hard times after my divorce, she gave me the distraction I needed to heal and recover.  Although I can definitely not say I have restful sleeps yet, I know that this will also come soon.  Although my divorce was not a death, I see it as something very similar, because I've lost my mother, I know that the "loss" of my husband was like death to me and Mia somehow brought consolation to our little family of two and now we are three, I now have peace in "death" of my marriage.

May the future bring beauty and success with a dash of extravagance and luxury!


0 Comments

freefall to fly...

20/2/2016

0 Comments

 
Ek wou laas week vreeslik graag 'n antwoord van die Here gehad het...  net 'n eenvoudige ja of nee!  Rooi ligte of Groen ligte volgens my eenvoudige vraag en ek het gehoop die Here stem saam met my, dat dit 'n maklike vraag is om te beantwoord.  Hy het baie duidelik aan my gesê VERTROU MY!  Geen ja, nee, groenlig of rooilig nie, nope net VERTROU MY!

​Ek is besig met 'n boek met die titel, Freefall to Fly.  Die inhoud self het nie veel toepassing in my lewe nie, maar die titel gryp my.  Ek dink dit is presies waar ek myself nou vind.  Dit is 'n redelike vreemde posisie vir my.  In die verlede het ek baie situasies hanteer uit vrees.  Jip!  Vrees, ek dink die beter beskrywing is engels...  uit 'n posisie van "FEAR".  Met "fear" stap "control" hand aan hand.  Nou dit is waar ek geloop het, ek het my lewe beheer, situasies probeer stuur in die rigting waar ek gevoel het dit moet gaan, deur pure vrees vir as dit nie in die rigting gaan waar ek voel dit is goed vir my nie.

Wel sover was ek ongelooflik onsuksesvol om my lewe in 'n rigting in te bestuur.  Die laaste week veral is ek gedwing om te kyk na hoe ek dinge in die verlede hanteer het en met dit het ek tot 'n ongelooflike realiteit besef gekom.  Fear en Control en dit is nie 'n maklike ding nie.  Ek het ook begin wonder hoekom, hoekom probeer ons so hard om ons lewe in 'n rigting te dwing.  Netso asof ons beter weet, asof ons presies weet wat die toekoms vir ons moet inhou.  Ek dink een van die dinge is verseker "fear of man" jip weer "fear", wat gaan mense sê, wat gaan mense dink.
Ek was vir die eerste keer na die Hillsong Colour Conference laas jaar 2015.  'n Ongelooflike ervaring en definitief iets om aan te beveel, in teendeel, ek is hoocked en gaan elke jaar van nou af.  Life changing girls!  

Daar het ek die eerste keer vir Charlotte Gambill hoor praat, sy is lead pastor van Life Church, julle kan haar bietjie gaan uitkyk http://charlottegambill.com, ongelooflike vrou.  
Een van haar praatjies het ek besonders geniet en het my al deur hierdie jaar vreeslik baie gehelp. Ek gaan dit vir julle in my eie woorde probeer oorvertel.  Ek het gegoogle, maar kon dit ongelukkig nie vind om die oorspronklike met julle te deel nie.  So here goes...

Dit begin met 'n Shunammite vrou in 2 Kings in die Bybel.  Die vrou het geen naam nie, wat vir my baie opvallend was...  
2 Kings 4:8-17 The Message (MSG)
8 One day Elisha passed through Shunem. A leading lady of the town talked him into stopping for a meal. And then it became his custom: Whenever he passed through, he stopped by for a meal.
9-10 “I’m certain,” said the woman to her husband, “that this man who stops by with us all the time is a holy man of God. Why don’t we add on a small room upstairs and furnish it with a bed and desk, chair and lamp, so that when he comes by he can stay with us?”
11 And so it happened that the next time Elisha came by he went to the room and lay down for a nap.
12 Then he said to his servant Gehazi, “Tell the Shunammite woman I want to see her.” He called her and she came to him.
13 Through Gehazi Elisha said, “You’ve gone far beyond the call of duty in taking care of us; what can we do for you? Do you have a request we can bring to the king or to the commander of the army?”
She replied, “Nothing. I’m secure and satisfied in my family.”
14 Elisha conferred with Gehazi: “There’s got to be something we can do for her. But what?”
Gehazi said, “Well, she has no son, and her husband is an old man.”
15 “Call her in,” said Elisha. He called her and she stood at the open door.
16 Elisha said to her, “This time next year you’re going to be nursing an infant son.”
“O my master, O Holy Man,” she said, “don’t play games with me, teasing me with such fantasies!”
17 The woman conceived. A year later, just as Elisha had said, she had a son.
In die Living Bible staan daar “O man of God,” she exclaimed, “don’t lie to me like that!”  So baie duidelik het sy hom nie geglo nie, sy het by nou al die hoop om 'n kind te hȇ op gegee.
2 Kings 4:18-21 The Message (MSG)
18-19 The child grew up. One day he went to his father, who was working with the harvest hands, complaining, “My head, my head!”
His father ordered a servant, “Carry him to his mother.”
20 The servant took him in his arms and carried him to his mother. He lay on her lap until noon and died.
21 She took him up and laid him on the bed of the man of God, shut him in alone, and left.
Nou hier is waar dit moeilik is.  Na al die jare wat sy nie kon kinders kry nie, is die kind aan haar gegee en toe as 'n klein seuntjie sterf hy in sy ma se arms.  Sy tel hom op en dra hom na waar alles begin het.  Sy dra hom na Elisha se kamer en lȇ hom op sy bed neer.  Sy raak nie histeries en gooi haarself op die vloer en sȇ ek het mos gesȇ niks goeds gebeur ooit met my nie, ek het gesȇ Elisha moenie vir my 'n kind gee nie, ek het geweet niks goeds gaan hiervan kom nie, nee, sy tel hom op en gaan lȇ hom neer by die begin.
2 Kings 4:22-25 The Message (MSG)
22 She then called her husband, “Get me a servant and a donkey so I can go to the Holy Man; I’ll be back as soon as I can.”
23 “But why today? This isn’t a holy day—it’s neither New Moon nor Sabbath.”
She said, “Don’t ask questions; I need to go right now. Trust me.”
24-25 She went ahead and saddled the donkey, ordering her servant, “Take the lead—and go as fast as you can; I’ll tell you if you’re going too fast.” And so off she went. She came to the Holy Man at Mount Carmel.
Sy vra haar man hom vir haar 'n donkie te kry, na hy vir haar vra wat gaan aan, is haar antwoord net moenie vrae vra nie, vertrou my ek kom terug so gou ek kan.  Sy saal haar donkie op en sy gaan na die wyse man, Elisha.  Sy raak nie histeries en vra haar man om dit te doen nie, nee sy saal haar donkie op en sy gaan na die man wat dit begin het.  Sy vra haar dienskneg om vinnig te gaan sonder om te stop.  
2 Kings 4:25-26 The Message (MSG)
25-26 The Holy Man, spotting her while she was still a long way off, said to his servant Gehazi, “Look out there; why, it’s the Shunammite woman! Quickly now. Ask her, ‘Is something wrong? Are you all right? Your husband? Your child?’”
She said, “Everything’s fine.”
Sy gryp nie vir Gehazi en vertel hom die hele storie nie, toe hy haar vra wat is fout sȇ sy, alles is reg, en sy beweeg aan op haar donkie na die wyse man Elisha.
2 Kings 4:27 The Message (MSG)
27 But when she reached the Holy Man at the mountain, she threw herself at his feet and held tightly to him.
Sy buig voor Elisha en sy hou styf vas aan hom.  Sy hou styf vas aan die belofte wat gemaak is.
2 Kings 4:32-37 The Message (MSG)
32-35 Elisha entered the house and found the boy stretched out on the bed dead. He went into the room and locked the door—just the two of them in the room—and prayed to God. He then got into bed with the boy and covered him with his body, mouth on mouth, eyes on eyes, hands on hands. As he was stretched out over him like that, the boy’s body became warm. Elisha got up and paced back and forth in the room. Then he went back and stretched himself upon the boy again. The boy started sneezing—seven times he sneezed!—and opened his eyes.
36 He called Gehazi and said, “Get the Shunammite woman in here!” He called her and she came in.
Elisha said, “Embrace your son!”
37 She fell at Elisha’s feet, face to the ground in reverent awe. Then she embraced her son and went out with him.
Dit is nie waar dit stop nie, hulle moes vlug vanwaar hulle woon en alles waarvoor hulle gewerk het agter los.  Vir sewe jaar moes hulle in 'n vreemde land woon, maar sy was gehoorsaam en hulle het soos Elisha beveel het getrek en alles agter gelaat.
2 Kings 8The Message (MSG) 8
​
1-3 Years before, Elisha had told the woman whose son he had brought to life, “Leave here and go, you and your family, and live someplace else. God has ordered a famine in the land; it will last for seven years.” The woman did what the Holy Man told her and left. She and her family lived as aliens in the country of Philistia for seven years. Then, when the seven years were up, the woman and her family came back. She went directly to the king and asked for her home and farm.

4-5 The king was talking with Gehazi, servant to the Holy Man, saying, “Tell me some stories of the great things Elisha did.” It so happened that as he was telling the king the story of the dead person brought back to life, the woman whose son was brought to life showed up asking for her home and farm.
Gehazi said, “My master the king, this is the woman! And this is her son whom Elisha brought back to life!”
6 The king wanted to know all about it, and so she told him the story. The king assigned an officer to take care of her, saying, “Make sure she gets everything back that’s hers, plus all profits from the farm from the time she left until now.”
Net op die regte tyd, stap die vrou in by die koning om vir haar grond terug te vra en sy word vergoed met hulle grond terug plus soveel meer.

Die Here het dit, hy is in beheer van ons lewe en het lank voor dinge gebeur al 'n plan hoe om ons paaie reguit te maak, maar natuurlik is dit Sy tyd en nie ons tyd nie.  Ons moet net op ons donkie klim en vertrou, daar sal soveel meer na jou toe kom as wat jy ooit kon droom.  Lê jou dinge by Jesus se voete vat dit na die begin, na waar alles begin het, by Jesus, by sy belofte.  

Vanaand dans ek opgewonde in my kamer vir wat voorlê en ek weet verseker!  HY het my lewe in sy hande!  I am FREEFALLING to FLY!  Ek klim nou ook op my donkie en ek vat dit na waar my lewe begin.  Ek was bevoorreg om by Passion 2016 te wees Saterdagaand, so ek sing en dans vanaand op my antwoord wat ek nie gekry het nie, want ek weet hy is in beheer en my vrees lê ek neer by die begin, by Jesus, want Hy is in beheer.


Oh, and I've seen many searching for answers far and wide
But I know we're all searching
For answers only You provide
Cause you know just what we need
Before we say a word

You're a Good, Good Father
It's who you are, it's who you are, it's who you are
And I'm loved by you
It's who I am, it's who I am, it's who I am
0 Comments

17 Oktober...

17/10/2015

1 Comment

 
Picture
Vandag 'n jaar gelede was die seerste dag van my 41 jarige bestaan.  Ek het 'n jaar terug geskei van my man vir wie ek nog bitter lief was.  Jip, ek weet dit klink vreemd, maar dit is nie my storie om te vertel nie, so die hoekoms en waaroms kan ek ongelukkig nie beantwoord nie.  Juis daarom miskien, dat ek tot vandag toe  nog nie die antwoorde op hoekom en waarom het nie, dat dit juis so seer was, want ek wou antwoorde hê, wat daar nie is nie.  Net voor my datum, het ek vir my pa gesê dat ek weet nie hoe ek hier deur gaan kom nie en hy het net soos hy is kalm geantwoord, soos mens deur alle moeilike situasies kom, een dag op 'n slag.

Ek glo glad nie in toeval nie, dit het net so gebeur dat my niggie die dag saam met my spandeer het, Liewe Jesus het 'obviously' geweet hoe die dag vir my gaan wees, want braaf was ek toe ons by die huis weg ry.  Ek het vir my prokureur by 'n koffie winkel wat vreeslik koud en nie regtig enige decor het nie gesit en wag by die venster, ek dink 'n koffie winkel wat baie mense aan gevoel erken.  Daar was een of ander optog voor die hof, so dit het my besig gehou.  Ons is toe op na die advokaat wat ek toe vir die eerste keer ontmoet, baie nice vroutjie, sy het toe deur die prosedures met my gegaan.  Sy het 'n blad of boek vir my gewys waar sy gevra het of dit my man se handtekening is, daar het alles begin, die seer het in my keel gaan vassteek dat ek net eenvoudig nie kon asem kry, die trane het begin rol en ek kon dit net eenvoudig nie weer in beheer bring nie.  Daar is toe vinnig geskarrel (vir 'n beter prokureur kon ek nie vra nie) hy het dadelik gereël dat my vrae slegs ja en nee antwoorde sal wees, hy het ook seker gemaak ek besef, dit is nee, nee, nee en dat daar een vraag is wat ja moet wees.

Ons is oor die straat na die hof, waar rye vroue sit en wag om 'n einde te maak aan hulle huwelike.  Die een vrou langs my was 'n "tussenganger" sy is die een waarmee gepraat word deur die ander party en alle geselsies en papierwerk gaan deur haar, die  man en vrou het nie direkte kontak, so tel die nommers af en die een na die ander staan in die blokkie.  Ek besef dat die vroue daar regtig kwaad is vir hulle mans en ek nie, die hartseer en kwaad in die vertrek druk my keel toe en ek moet drie keer uitstap om net asem terug te kry.  My arme prokureer lyk senuwee agtig en herinner my aan die nee, nee, nee, ja antwoorde.  Die advokaat kyk bekommerd om en my prokureer stel haar gerus dat ons voortgaan.  Wat voel soos 'n ewigheid, is dit uiteindelik my beurt.  Ek gaan staan in die blok, dit is soos 'n gedruis in my ore, die arme outjie wat tussen die advokate en die regter hardloop rol stukke toiletpapier af en gee dit vir my aan.  Ek vermoed dit was nie 'n mooi gesiggie nie, uiteindelik slaan die hammertjie en ek stap reguit uit by die deur, dit is verby...  die realiteit is groot in die koue koue gange, my niggie is langs my en toe ek tot bedaring kom sien ek my arme prokureur met sy netjiese pak klere staan met my bright pink met wit kolle handsak, ek kan nie help om te lag nie en die eerste ding wat ek dink is die arme man gaan seker nooit weer egskeidings behartig nie.

Verlies is nie maklik nie, verlies is die moeilikste ding wat enigiemand moet deurmaak en ongelukkig op een of ander manier moet ons almal daar deur gaan.  Daar is verseker nie 'n resep van hoe om dit te doen nie, maar ek kan sê hoe ek dit gedoen het.  Ek het begin besef dat ek sal moet hulp kry, ek het myself omring met "Godly woman" ek was gelukkig genoeg gewees om 'n ongelooflike kerk te hê, ek het begin om na 'n selgroep toe te gaan, in die begin was maar erg, ek vermoed die arme ander meisies het naby die deur gesit as ek inkom, sodat hulle vinnig kan ontsnap, ons kerk is engels, so daar was 'n hele paar keer wat ek iets gedeel het wat baie verkeerd uitgekom het, soos die een dag wat ek gesê het dat ek ons huis gesalf het "and things started coming out the walls" glad nie 'n wyse ding om te sê in 'n spirit filled kerk nie!  Gelukkig het die leidster al die bleek gesiggies vinnig gerus gestel om te sê daar was nie regtig goed wat uit die mure gekom het nie, dit is net 'n manier van praat.  En so nog vele, maar ek het deur gedruk en so ongelooflike vroue ontmoet, ek het ook daar begin besef, almal en ja almal het 'n storie, maak nie saak of jy baie geld het of jy perfekte ouers het, etc nie, almal het 'n storie.  

Ek het elke Sondag kerk toe gegaan, dit het my moed gegee vir die lang week wat voorlê.  Die meeste van die tyd het ek net gesit en huil, ek dink meeste mense was te bang om in dieselfde ry as ek te sit, maar ek het deur gedruk en my Sondae om gehuil!  Nou hardloop ek omtrent ons kerk binne, ek sit nogsteeds alleen, maar nou verkies ek dit so.  Menigde Sondag het ek agter gebly na diens sodat ons geduldige wonderlike pastoor vir my kan bid!  Meeste kere het hy heeltemal vir iets anders gebid as waarvoor ek gegaan het.  Ek het glad nie om gegee wat mense van my dink nie, ek was gebreek en stukkend en ek wou heel word.

Ek het begin "deal" met my eie "issues", ek weet meeste van ons dink ons het nie, ons het!  Ons word groot gemaak deur mense wat ook deur stampe en stote deur die lewe geloop het, daar is ook nie 'n boek vir kinders groot maak nie.  Ons hoef nie daai dinge saam met ons te dra nie, en ek wou my dogter se pad verander.  Die Here het vinnig met my gewerk en ek kon in 'n baie kort tyd ontslae raak van so baie dinge in my lewe, ek het gevoel hoe dit voel om VREDE te hê!  VREDE is 'n wonderlike ding, ek het afspraak na afspraak gemaak vir "deliverance", nie om te probeer verstaan hoekom en waarom hierdie dinge met arme my gebeur nie, ek wou algehele vrede in my hart en siel hê en ek wou 'n oop pad vir my dogter teer!  Die hartseer en die kwaad meestal is miskien nog nie iets van die verlede nie, maar ek is dankbaar vir wat ek nou het en wie ek nou is.  My hart en my kop is weer "aligned".

So daar is nie 'n wenresep hoe om oor verlies en trauma te kom nie, maar ek weet dat jy beter raak en gesond raak een dag op 'n slag.  En ek weet dat jy dit moet gaan haal en hard baie hard werk aan jouself en net jouself om dit te kry.

Ek en my dogter het vanaand gaan uiteet en die dag gevier, om dankie te sê vir al die lekker dae wat ons saam kon gehad het, ek is dankbaar vir die tyd en vir die lesse wat ek kon kry uit die jare.  Spyt is ek ook nie, ek weet ek sou dinge verseker nou anders doen, natuurlik sou ons as mens die tyd kry om terug te kyk, maar dan aan die ander kant...  sou ek regtig?  Daar was soveel ongelooflike lekker tye, vriende, vreeslik baie lag, en baie lewens lesse waarop ek sou uitmis.  So mens kan kies om vas te steek by die hoekoms en die waaroms, of mens kan dankbaar wees vir die  ongelooflike tye en opgewonde wag vir die volgendes in die "rus" periode...
So ching ching!!!!!  Op elke dag!  Een dag op 'n slag!
1 Comment

Hoekom Sandra Wilhelmina...

16/9/2015

5 Comments

 
Ek het groot geword op in dorp met die naam Malmesbury in die Swartland alhoewel ek nie meer daar woon nie is dit waar my wortels groei.  Toe ek klein was het ek gedroom van ‘n wonderlike man en kinders en ‘n liefdevolle huis, dit is wat ek wou hê, ek wou nooit ‘n dokter word, of ‘n juffrou of so iets nie, ek wou trou en kinders hê, ek wou huis huis speel, want dit is wat ek geken het, ek het in ‘n ongelooflike liefdevolle huis groot geword, met ‘n ma en pa wat ongelooflik lief was vir mekaar, hulle het nooit nooit baklei of was nooit enigsins eers effens kwaad vir mekaar waarvan ek weet nie, ek onthou hoe ek gegril het as ek te vinnig om die kombuis deur gekom het en hulle twee het gestaan en soen in die kombuis.  Glad nie cool as jy 'n kind is nie.  

Ek wonder nou baie keer hoe my ma dit reg gekry het, mens kon haar altyd deur 'n ring trek, sy was nooit nooit kwaad nie.  Ek kan nie onthou dat ek haar ooit sonder grimering gesien het nie, by die tyd wat sy my wakker gemaak het vir skool, het sy al haar hare in krulle gedraai, was netjies aanstrek met hoë hak skoene en perfek gegrimeer.  Sy was 'n ongelooflike mooi en netjiese vrou.  Ek onthou sy het een keer vir my en my suster probeer skel oor ons kamers wat so deurmekaar was, sy het ons laat wag in my suster se kamer, seker om die moed bymekaar te skraap om ons goed te sê, sy het ingekom met 'n doel en vertel hoe die kamer na 'n vark hok lyk en die skoolskoen geskop om 'n punt te bewys.  Toe trek die skoen deur die lug en skop 'n groot swart kol teen die splinternuwe wit dak.  Dit was die einde van die skel, want toe is ons almal histeries soos ons lag.

Sy was die anker van ons hele familie.  

Toe ek groot geword het, was dit my ideaal, ek wou 'n man hê wat so lief was vir my soos my pa vir my ma, ek wou soos my ma wees, 'n mooi sagte Christen vrou.

Hierdie droom het een vakansie in Durban skielik verdubbel, toe my ma een oggend net eenvoudig nie wakker geword het nie.  Dit is ‘n ongelooflike onwerklike ervaring vir ‘n 13 jarige tiener dogter om een dag in Durban se strate saam met haar ma rond te loop en die volgende dag voor ‘n hospitaal bed te staan met ‘n klomp masjiene in haar wat peep peep maak.  My ma is ‘n paar ure later oorlede.  Ek, my suster en my pa het die volgende oggend na ons nuwe werklikheid gevlieg terug kaap toe.  Van toe af was ek altyd opsoek na liefde en 'n plekkie om te behoort.

Ek het in die film bedryf gewerk en in 2000 het ek geboorte gegee aan 'n pragtige dogtertjie en wou nie terug gaan na die onsekere ure wat ek gewerk het nie.  Vandaar het ek 'n winkel oopgemaak met hulp van my pa en begin om porselein feetjies en poppe te maak en later het die keramiek bygekom.  Ek het altyd tussen deur keramiek as 'n stokperdjie gedoen maar in 2011 meer voltyds.  


In 2012 het ek een van my laagste punte in my lewe bereik, dit het gevoel asof my lewe een dag perfek was en die volgende 'n absolute muck modder pit.  In die warboel en bitter bitter seer het iemand 'n opmerking gemaak wat my finaal neer teen die grond geslaan het, die persoon het gesê dat ek nie weet waarvan ek praat omdat ek nie 'n ma gehad het nie.  Die mense wat ek gevoel het my onvoorwaardelik lief moes hê het my eenkant toe geskuif en as onbelangrik uitgemaak, ek het geen stem oor my eie lewe gehad nie, ek moes net toekyk hoe alles waarvan ek gedroom en gehad het in 'n swart swart gat verdwyn.   Die mat was totaal en al onder my uitgeruk en ek het plat om die vloer geval, sonder dat ek dit sien kom het.  Skielik  was ek die alleenste wat ek nog ooit in my hele lewe was.  My lewe het letterlik in minder as 'n jaar, van die gelukkigste mens met totale tevredenheid na 'n plek waar ek elke dag gevoel het asof ek nie kon asem haal en wat dit elke dag gevoel het of iemand my keel toedruk.  

Die klein dogtertjie binne my het uitgeskree en ek het in ere van my ma begin verf, Sandra Wilhelmina de Goede.  Die woorde van Abraham Lincoln - "All that I am and hope to be, I owe to my angel mother." het letterlik geskree binne my.

 Ek het woorde van hoop, liefde en dankbaarheid vas begin lê op elke dag gebruiks items.  Dit was vir myself, om net my kop bo die water te hou, ek het baie gelees en al die sêgoed en woorde wat my aangeraak het, wou ek êrens neerskryf, êrens waar ek dit kon sien, êrens wat ek dit sou later weet, en ek het geweet hoe om te verf, toe verf ek.  Ek het begin om op koppies, bakkies en bekers te skryf.  Ek het met dit op markte gestaan en gesien hoe ander vroue aangeraak word en ek het geweet, ek is nie alleen nie.  Die sêgoed en verse was nie net vir my ’n inspirasie om die lewe met sy stampe en stote met moed aan te pak nie, maar ek wou elke vrou en huishouding wat ’n Sandra Wilhelmina ontvang aanraak, dat hulle weet dat God hulle onvoorwaardelik lief het, dat hulle sal glo dat Hy elke liewe klippie en hael storm in hulle pad geweet het van, lank voor hulle daar gekom het, en dat hulle loop in Sy Goedheid en Guns.  Dat hulle volmaak en perfek gemaak is, net soos hulle is!  You are beautiful for you are fearfully and wonderfully made - Psalm 139:14  


Geen winter is vir altyd nie en geen lente mis sy beurt nie.  Ek wou hê ander vroue moes weet ek en hulle is gemaak om spore te los.

Met baie krom paaie en vreeslik baie self probeer, het ek uiteindelik eers die laaste paar jaar besef hoe my ma dit gedoen het.  Ek dink sy moes, soos ek nou 100 % alles oorlaat aan God.  Vir baie lank het ek my lewe probeer stuur in die rigting waar ek gedink het liefde en so geluk is, ek het aan soveel deure gehang wat die Here definitief vir my wou toe maak, maar ek gedink het moet oop wees.  Dankie tog, kan ek alles nou net aan Hom oorlaat en weet my pad is vir my uit eengesit lank voor ek gebore is en daar nog soveel vreugde en liefde voorlê, al kan ek nie sien nie en al verstaan ek nie alles wat gebeur nie.  Ek sien dit elke dag in die klein goedjies wat gebeur, ek sien dit in die wonderwerke in my lewe, ek sien dit in die deure wat opswaai vir my sonder dat ek soek.  Ek is opgewonde oor die dag van môre en wat die toekoms vir Sandra Wilhelmina Keramiek inhou.  Ek is opgewonde oor elke item wat by die deur uitgaan om 'n ander persoon aan te raak.

‘n Lied van 'n wonderlike vriendin, Gwendoline wat my baie na aan die hart lê en wat ek soveel kere kliphard vir myself gesing het sê…  moenie die ladybird soek nie, hy sal jou vind, moenie baklei teen die wind nie, die wind sal weer draai, die mense se vergeet daarvan, vergeet van wat jy begeer, sorg dat jy gereed is die tyd sal leer.  Hou jou besig met goeie dinge die antwoord is nie in ‘n boek, moenie die ladybird soek nie, gaan lê net op die gras, en as jy later wakker word is jy oortrek van die ladybirds.


Dan sal ek afsluit met 'n gedeelte uit Marianne Williamson se boek, hierdie selfde wonderlike vriendin het dit vir almal wat by haar 40ste verjaarsdag was, op 'n bont stuk karton gedruk en dit is langs my rekenaar en ek kyk elke dag daaraan vas...

“Our deepest fear is not that we are inadequate.  Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.  It is our light, not our darkness that most frightens us.  We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?  Actually, who are you not to be?  You are a child of God.  Your playing small does not serve the world.  There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you.  We are all meant to shine, as children do.  We were born to make manifest the glory of God that is within us.  It’s not just in some of us; it’s in everyone.  And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.  As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.”

...so gaan shine!  Ek en jy is gemaak om dit te doen...

Picture
My ma, pa en suster
Picture
My suster se doop
Picture
My ma en haar susters op haar troudag
Picture
Picture
My prinses dogter xxx
Picture
Ek op een van die gelukkigste dae van my lewe
Picture
'n vol vreugde familie paasfees pudding
Picture
Een van die eerste markte wat ek gedoen het met my keramiek
Picture
Van die eerste "Gwendoline" reeks
Picture
Picture
My eerste item in my pragtige studio in 2012
Picture
Ek en Gwendoline op 40 days
Picture
Matriekafskeid
Picture
Ek en my pragtige dogter! We were made to shine!
5 Comments

    Skrywer

    My naam is Suzanne en ek sien my klein koninkryk besigheid waar ek funksionele keramiek en ander items vervaarder  as 'n bediening om 'n boodskap van vreugde en genade te kan bring deur stukkies uit my eie lewe te deel.

    Argief

    August 2020
    October 2019
    July 2019
    February 2016
    October 2015
    September 2015

    Katagorie

    All

    RSS Feed

Website by Suzanne Toerien
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog