Sandra Wilhelmina Keramiek
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog

17 Oktober...

17/10/2015

1 Comment

 
Picture
Vandag 'n jaar gelede was die seerste dag van my 41 jarige bestaan.  Ek het 'n jaar terug geskei van my man vir wie ek nog bitter lief was.  Jip, ek weet dit klink vreemd, maar dit is nie my storie om te vertel nie, so die hoekoms en waaroms kan ek ongelukkig nie beantwoord nie.  Juis daarom miskien, dat ek tot vandag toe  nog nie die antwoorde op hoekom en waarom het nie, dat dit juis so seer was, want ek wou antwoorde hê, wat daar nie is nie.  Net voor my datum, het ek vir my pa gesê dat ek weet nie hoe ek hier deur gaan kom nie en hy het net soos hy is kalm geantwoord, soos mens deur alle moeilike situasies kom, een dag op 'n slag.

Ek glo glad nie in toeval nie, dit het net so gebeur dat my niggie die dag saam met my spandeer het, Liewe Jesus het 'obviously' geweet hoe die dag vir my gaan wees, want braaf was ek toe ons by die huis weg ry.  Ek het vir my prokureur by 'n koffie winkel wat vreeslik koud en nie regtig enige decor het nie gesit en wag by die venster, ek dink 'n koffie winkel wat baie mense aan gevoel erken.  Daar was een of ander optog voor die hof, so dit het my besig gehou.  Ons is toe op na die advokaat wat ek toe vir die eerste keer ontmoet, baie nice vroutjie, sy het toe deur die prosedures met my gegaan.  Sy het 'n blad of boek vir my gewys waar sy gevra het of dit my man se handtekening is, daar het alles begin, die seer het in my keel gaan vassteek dat ek net eenvoudig nie kon asem kry, die trane het begin rol en ek kon dit net eenvoudig nie weer in beheer bring nie.  Daar is toe vinnig geskarrel (vir 'n beter prokureur kon ek nie vra nie) hy het dadelik gereël dat my vrae slegs ja en nee antwoorde sal wees, hy het ook seker gemaak ek besef, dit is nee, nee, nee en dat daar een vraag is wat ja moet wees.

Ons is oor die straat na die hof, waar rye vroue sit en wag om 'n einde te maak aan hulle huwelike.  Die een vrou langs my was 'n "tussenganger" sy is die een waarmee gepraat word deur die ander party en alle geselsies en papierwerk gaan deur haar, die  man en vrou het nie direkte kontak, so tel die nommers af en die een na die ander staan in die blokkie.  Ek besef dat die vroue daar regtig kwaad is vir hulle mans en ek nie, die hartseer en kwaad in die vertrek druk my keel toe en ek moet drie keer uitstap om net asem terug te kry.  My arme prokureer lyk senuwee agtig en herinner my aan die nee, nee, nee, ja antwoorde.  Die advokaat kyk bekommerd om en my prokureer stel haar gerus dat ons voortgaan.  Wat voel soos 'n ewigheid, is dit uiteindelik my beurt.  Ek gaan staan in die blok, dit is soos 'n gedruis in my ore, die arme outjie wat tussen die advokate en die regter hardloop rol stukke toiletpapier af en gee dit vir my aan.  Ek vermoed dit was nie 'n mooi gesiggie nie, uiteindelik slaan die hammertjie en ek stap reguit uit by die deur, dit is verby...  die realiteit is groot in die koue koue gange, my niggie is langs my en toe ek tot bedaring kom sien ek my arme prokureur met sy netjiese pak klere staan met my bright pink met wit kolle handsak, ek kan nie help om te lag nie en die eerste ding wat ek dink is die arme man gaan seker nooit weer egskeidings behartig nie.

Verlies is nie maklik nie, verlies is die moeilikste ding wat enigiemand moet deurmaak en ongelukkig op een of ander manier moet ons almal daar deur gaan.  Daar is verseker nie 'n resep van hoe om dit te doen nie, maar ek kan sê hoe ek dit gedoen het.  Ek het begin besef dat ek sal moet hulp kry, ek het myself omring met "Godly woman" ek was gelukkig genoeg gewees om 'n ongelooflike kerk te hê, ek het begin om na 'n selgroep toe te gaan, in die begin was maar erg, ek vermoed die arme ander meisies het naby die deur gesit as ek inkom, sodat hulle vinnig kan ontsnap, ons kerk is engels, so daar was 'n hele paar keer wat ek iets gedeel het wat baie verkeerd uitgekom het, soos die een dag wat ek gesê het dat ek ons huis gesalf het "and things started coming out the walls" glad nie 'n wyse ding om te sê in 'n spirit filled kerk nie!  Gelukkig het die leidster al die bleek gesiggies vinnig gerus gestel om te sê daar was nie regtig goed wat uit die mure gekom het nie, dit is net 'n manier van praat.  En so nog vele, maar ek het deur gedruk en so ongelooflike vroue ontmoet, ek het ook daar begin besef, almal en ja almal het 'n storie, maak nie saak of jy baie geld het of jy perfekte ouers het, etc nie, almal het 'n storie.  

Ek het elke Sondag kerk toe gegaan, dit het my moed gegee vir die lang week wat voorlê.  Die meeste van die tyd het ek net gesit en huil, ek dink meeste mense was te bang om in dieselfde ry as ek te sit, maar ek het deur gedruk en my Sondae om gehuil!  Nou hardloop ek omtrent ons kerk binne, ek sit nogsteeds alleen, maar nou verkies ek dit so.  Menigde Sondag het ek agter gebly na diens sodat ons geduldige wonderlike pastoor vir my kan bid!  Meeste kere het hy heeltemal vir iets anders gebid as waarvoor ek gegaan het.  Ek het glad nie om gegee wat mense van my dink nie, ek was gebreek en stukkend en ek wou heel word.

Ek het begin "deal" met my eie "issues", ek weet meeste van ons dink ons het nie, ons het!  Ons word groot gemaak deur mense wat ook deur stampe en stote deur die lewe geloop het, daar is ook nie 'n boek vir kinders groot maak nie.  Ons hoef nie daai dinge saam met ons te dra nie, en ek wou my dogter se pad verander.  Die Here het vinnig met my gewerk en ek kon in 'n baie kort tyd ontslae raak van so baie dinge in my lewe, ek het gevoel hoe dit voel om VREDE te hê!  VREDE is 'n wonderlike ding, ek het afspraak na afspraak gemaak vir "deliverance", nie om te probeer verstaan hoekom en waarom hierdie dinge met arme my gebeur nie, ek wou algehele vrede in my hart en siel hê en ek wou 'n oop pad vir my dogter teer!  Die hartseer en die kwaad meestal is miskien nog nie iets van die verlede nie, maar ek is dankbaar vir wat ek nou het en wie ek nou is.  My hart en my kop is weer "aligned".

So daar is nie 'n wenresep hoe om oor verlies en trauma te kom nie, maar ek weet dat jy beter raak en gesond raak een dag op 'n slag.  En ek weet dat jy dit moet gaan haal en hard baie hard werk aan jouself en net jouself om dit te kry.

Ek en my dogter het vanaand gaan uiteet en die dag gevier, om dankie te sê vir al die lekker dae wat ons saam kon gehad het, ek is dankbaar vir die tyd en vir die lesse wat ek kon kry uit die jare.  Spyt is ek ook nie, ek weet ek sou dinge verseker nou anders doen, natuurlik sou ons as mens die tyd kry om terug te kyk, maar dan aan die ander kant...  sou ek regtig?  Daar was soveel ongelooflike lekker tye, vriende, vreeslik baie lag, en baie lewens lesse waarop ek sou uitmis.  So mens kan kies om vas te steek by die hoekoms en die waaroms, of mens kan dankbaar wees vir die  ongelooflike tye en opgewonde wag vir die volgendes in die "rus" periode...
So ching ching!!!!!  Op elke dag!  Een dag op 'n slag!
1 Comment
Hennie Visser
17/10/2015 11:21:29 pm

Wow Suz. Beautifull getuienis. Hang in there. Groot druk vir jou.

Reply



Leave a Reply.

    Skrywer

    My naam is Suzanne en ek sien my klein koninkryk besigheid waar ek funksionele keramiek en ander items vervaarder  as 'n bediening om 'n boodskap van vreugde en genade te kan bring deur stukkies uit my eie lewe te deel.

    Argief

    August 2020
    October 2019
    July 2019
    February 2016
    October 2015
    September 2015

    Katagorie

    All

    RSS Feed

Website by Suzanne Toerien
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog