Ek wou laas week vreeslik graag 'n antwoord van die Here gehad het... net 'n eenvoudige ja of nee! Rooi ligte of Groen ligte volgens my eenvoudige vraag en ek het gehoop die Here stem saam met my, dat dit 'n maklike vraag is om te beantwoord. Hy het baie duidelik aan my gesê VERTROU MY! Geen ja, nee, groenlig of rooilig nie, nope net VERTROU MY! Ek is besig met 'n boek met die titel, Freefall to Fly. Die inhoud self het nie veel toepassing in my lewe nie, maar die titel gryp my. Ek dink dit is presies waar ek myself nou vind. Dit is 'n redelike vreemde posisie vir my. In die verlede het ek baie situasies hanteer uit vrees. Jip! Vrees, ek dink die beter beskrywing is engels... uit 'n posisie van "FEAR". Met "fear" stap "control" hand aan hand. Nou dit is waar ek geloop het, ek het my lewe beheer, situasies probeer stuur in die rigting waar ek gevoel het dit moet gaan, deur pure vrees vir as dit nie in die rigting gaan waar ek voel dit is goed vir my nie. Wel sover was ek ongelooflik onsuksesvol om my lewe in 'n rigting in te bestuur. Die laaste week veral is ek gedwing om te kyk na hoe ek dinge in die verlede hanteer het en met dit het ek tot 'n ongelooflike realiteit besef gekom. Fear en Control en dit is nie 'n maklike ding nie. Ek het ook begin wonder hoekom, hoekom probeer ons so hard om ons lewe in 'n rigting te dwing. Netso asof ons beter weet, asof ons presies weet wat die toekoms vir ons moet inhou. Ek dink een van die dinge is verseker "fear of man" jip weer "fear", wat gaan mense sê, wat gaan mense dink. Ek was vir die eerste keer na die Hillsong Colour Conference laas jaar 2015. 'n Ongelooflike ervaring en definitief iets om aan te beveel, in teendeel, ek is hoocked en gaan elke jaar van nou af. Life changing girls! Daar het ek die eerste keer vir Charlotte Gambill hoor praat, sy is lead pastor van Life Church, julle kan haar bietjie gaan uitkyk http://charlottegambill.com, ongelooflike vrou. Een van haar praatjies het ek besonders geniet en het my al deur hierdie jaar vreeslik baie gehelp. Ek gaan dit vir julle in my eie woorde probeer oorvertel. Ek het gegoogle, maar kon dit ongelukkig nie vind om die oorspronklike met julle te deel nie. So here goes... Dit begin met 'n Shunammite vrou in 2 Kings in die Bybel. Die vrou het geen naam nie, wat vir my baie opvallend was... 2 Kings 4:8-17 The Message (MSG) In die Living Bible staan daar “O man of God,” she exclaimed, “don’t lie to me like that!” So baie duidelik het sy hom nie geglo nie, sy het by nou al die hoop om 'n kind te hȇ op gegee. 2 Kings 4:18-21 The Message (MSG) Nou hier is waar dit moeilik is. Na al die jare wat sy nie kon kinders kry nie, is die kind aan haar gegee en toe as 'n klein seuntjie sterf hy in sy ma se arms. Sy tel hom op en dra hom na waar alles begin het. Sy dra hom na Elisha se kamer en lȇ hom op sy bed neer. Sy raak nie histeries en gooi haarself op die vloer en sȇ ek het mos gesȇ niks goeds gebeur ooit met my nie, ek het gesȇ Elisha moenie vir my 'n kind gee nie, ek het geweet niks goeds gaan hiervan kom nie, nee, sy tel hom op en gaan lȇ hom neer by die begin. 2 Kings 4:22-25 The Message (MSG) Sy vra haar man hom vir haar 'n donkie te kry, na hy vir haar vra wat gaan aan, is haar antwoord net moenie vrae vra nie, vertrou my ek kom terug so gou ek kan. Sy saal haar donkie op en sy gaan na die wyse man, Elisha. Sy raak nie histeries en vra haar man om dit te doen nie, nee sy saal haar donkie op en sy gaan na die man wat dit begin het. Sy vra haar dienskneg om vinnig te gaan sonder om te stop. 2 Kings 4:25-26 The Message (MSG) Sy gryp nie vir Gehazi en vertel hom die hele storie nie, toe hy haar vra wat is fout sȇ sy, alles is reg, en sy beweeg aan op haar donkie na die wyse man Elisha. 2 Kings 4:27 The Message (MSG) Sy buig voor Elisha en sy hou styf vas aan hom. Sy hou styf vas aan die belofte wat gemaak is. 2 Kings 4:32-37 The Message (MSG) Dit is nie waar dit stop nie, hulle moes vlug vanwaar hulle woon en alles waarvoor hulle gewerk het agter los. Vir sewe jaar moes hulle in 'n vreemde land woon, maar sy was gehoorsaam en hulle het soos Elisha beveel het getrek en alles agter gelaat. 2 Kings 8The Message (MSG) 8 Net op die regte tyd, stap die vrou in by die koning om vir haar grond terug te vra en sy word vergoed met hulle grond terug plus soveel meer. Die Here het dit, hy is in beheer van ons lewe en het lank voor dinge gebeur al 'n plan hoe om ons paaie reguit te maak, maar natuurlik is dit Sy tyd en nie ons tyd nie. Ons moet net op ons donkie klim en vertrou, daar sal soveel meer na jou toe kom as wat jy ooit kon droom. Lê jou dinge by Jesus se voete vat dit na die begin, na waar alles begin het, by Jesus, by sy belofte. Vanaand dans ek opgewonde in my kamer vir wat voorlê en ek weet verseker! HY het my lewe in sy hande! I am FREEFALLING to FLY! Ek klim nou ook op my donkie en ek vat dit na waar my lewe begin. Ek was bevoorreg om by Passion 2016 te wees Saterdagaand, so ek sing en dans vanaand op my antwoord wat ek nie gekry het nie, want ek weet hy is in beheer en my vrees lê ek neer by die begin, by Jesus, want Hy is in beheer. Oh, and I've seen many searching for answers far and wide But I know we're all searching For answers only You provide Cause you know just what we need Before we say a word You're a Good, Good Father It's who you are, it's who you are, it's who you are And I'm loved by you It's who I am, it's who I am, it's who I am
0 Comments
|
SkrywerMy naam is Suzanne en ek sien my klein koninkryk besigheid waar ek funksionele keramiek en ander items vervaarder as 'n bediening om 'n boodskap van vreugde en genade te kan bring deur stukkies uit my eie lewe te deel. Argief
August 2020
Katagorie |