Sandra Wilhelmina Keramiek
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog

Hoekom Sandra Wilhelmina...

16/9/2015

5 Comments

 
Ek het groot geword op in dorp met die naam Malmesbury in die Swartland alhoewel ek nie meer daar woon nie is dit waar my wortels groei.  Toe ek klein was het ek gedroom van ‘n wonderlike man en kinders en ‘n liefdevolle huis, dit is wat ek wou hê, ek wou nooit ‘n dokter word, of ‘n juffrou of so iets nie, ek wou trou en kinders hê, ek wou huis huis speel, want dit is wat ek geken het, ek het in ‘n ongelooflike liefdevolle huis groot geword, met ‘n ma en pa wat ongelooflik lief was vir mekaar, hulle het nooit nooit baklei of was nooit enigsins eers effens kwaad vir mekaar waarvan ek weet nie, ek onthou hoe ek gegril het as ek te vinnig om die kombuis deur gekom het en hulle twee het gestaan en soen in die kombuis.  Glad nie cool as jy 'n kind is nie.  

Ek wonder nou baie keer hoe my ma dit reg gekry het, mens kon haar altyd deur 'n ring trek, sy was nooit nooit kwaad nie.  Ek kan nie onthou dat ek haar ooit sonder grimering gesien het nie, by die tyd wat sy my wakker gemaak het vir skool, het sy al haar hare in krulle gedraai, was netjies aanstrek met hoë hak skoene en perfek gegrimeer.  Sy was 'n ongelooflike mooi en netjiese vrou.  Ek onthou sy het een keer vir my en my suster probeer skel oor ons kamers wat so deurmekaar was, sy het ons laat wag in my suster se kamer, seker om die moed bymekaar te skraap om ons goed te sê, sy het ingekom met 'n doel en vertel hoe die kamer na 'n vark hok lyk en die skoolskoen geskop om 'n punt te bewys.  Toe trek die skoen deur die lug en skop 'n groot swart kol teen die splinternuwe wit dak.  Dit was die einde van die skel, want toe is ons almal histeries soos ons lag.

Sy was die anker van ons hele familie.  

Toe ek groot geword het, was dit my ideaal, ek wou 'n man hê wat so lief was vir my soos my pa vir my ma, ek wou soos my ma wees, 'n mooi sagte Christen vrou.

Hierdie droom het een vakansie in Durban skielik verdubbel, toe my ma een oggend net eenvoudig nie wakker geword het nie.  Dit is ‘n ongelooflike onwerklike ervaring vir ‘n 13 jarige tiener dogter om een dag in Durban se strate saam met haar ma rond te loop en die volgende dag voor ‘n hospitaal bed te staan met ‘n klomp masjiene in haar wat peep peep maak.  My ma is ‘n paar ure later oorlede.  Ek, my suster en my pa het die volgende oggend na ons nuwe werklikheid gevlieg terug kaap toe.  Van toe af was ek altyd opsoek na liefde en 'n plekkie om te behoort.

Ek het in die film bedryf gewerk en in 2000 het ek geboorte gegee aan 'n pragtige dogtertjie en wou nie terug gaan na die onsekere ure wat ek gewerk het nie.  Vandaar het ek 'n winkel oopgemaak met hulp van my pa en begin om porselein feetjies en poppe te maak en later het die keramiek bygekom.  Ek het altyd tussen deur keramiek as 'n stokperdjie gedoen maar in 2011 meer voltyds.  


In 2012 het ek een van my laagste punte in my lewe bereik, dit het gevoel asof my lewe een dag perfek was en die volgende 'n absolute muck modder pit.  In die warboel en bitter bitter seer het iemand 'n opmerking gemaak wat my finaal neer teen die grond geslaan het, die persoon het gesê dat ek nie weet waarvan ek praat omdat ek nie 'n ma gehad het nie.  Die mense wat ek gevoel het my onvoorwaardelik lief moes hê het my eenkant toe geskuif en as onbelangrik uitgemaak, ek het geen stem oor my eie lewe gehad nie, ek moes net toekyk hoe alles waarvan ek gedroom en gehad het in 'n swart swart gat verdwyn.   Die mat was totaal en al onder my uitgeruk en ek het plat om die vloer geval, sonder dat ek dit sien kom het.  Skielik  was ek die alleenste wat ek nog ooit in my hele lewe was.  My lewe het letterlik in minder as 'n jaar, van die gelukkigste mens met totale tevredenheid na 'n plek waar ek elke dag gevoel het asof ek nie kon asem haal en wat dit elke dag gevoel het of iemand my keel toedruk.  

Die klein dogtertjie binne my het uitgeskree en ek het in ere van my ma begin verf, Sandra Wilhelmina de Goede.  Die woorde van Abraham Lincoln - "All that I am and hope to be, I owe to my angel mother." het letterlik geskree binne my.

 Ek het woorde van hoop, liefde en dankbaarheid vas begin lê op elke dag gebruiks items.  Dit was vir myself, om net my kop bo die water te hou, ek het baie gelees en al die sêgoed en woorde wat my aangeraak het, wou ek êrens neerskryf, êrens waar ek dit kon sien, êrens wat ek dit sou later weet, en ek het geweet hoe om te verf, toe verf ek.  Ek het begin om op koppies, bakkies en bekers te skryf.  Ek het met dit op markte gestaan en gesien hoe ander vroue aangeraak word en ek het geweet, ek is nie alleen nie.  Die sêgoed en verse was nie net vir my ’n inspirasie om die lewe met sy stampe en stote met moed aan te pak nie, maar ek wou elke vrou en huishouding wat ’n Sandra Wilhelmina ontvang aanraak, dat hulle weet dat God hulle onvoorwaardelik lief het, dat hulle sal glo dat Hy elke liewe klippie en hael storm in hulle pad geweet het van, lank voor hulle daar gekom het, en dat hulle loop in Sy Goedheid en Guns.  Dat hulle volmaak en perfek gemaak is, net soos hulle is!  You are beautiful for you are fearfully and wonderfully made - Psalm 139:14  


Geen winter is vir altyd nie en geen lente mis sy beurt nie.  Ek wou hê ander vroue moes weet ek en hulle is gemaak om spore te los.

Met baie krom paaie en vreeslik baie self probeer, het ek uiteindelik eers die laaste paar jaar besef hoe my ma dit gedoen het.  Ek dink sy moes, soos ek nou 100 % alles oorlaat aan God.  Vir baie lank het ek my lewe probeer stuur in die rigting waar ek gedink het liefde en so geluk is, ek het aan soveel deure gehang wat die Here definitief vir my wou toe maak, maar ek gedink het moet oop wees.  Dankie tog, kan ek alles nou net aan Hom oorlaat en weet my pad is vir my uit eengesit lank voor ek gebore is en daar nog soveel vreugde en liefde voorlê, al kan ek nie sien nie en al verstaan ek nie alles wat gebeur nie.  Ek sien dit elke dag in die klein goedjies wat gebeur, ek sien dit in die wonderwerke in my lewe, ek sien dit in die deure wat opswaai vir my sonder dat ek soek.  Ek is opgewonde oor die dag van môre en wat die toekoms vir Sandra Wilhelmina Keramiek inhou.  Ek is opgewonde oor elke item wat by die deur uitgaan om 'n ander persoon aan te raak.

‘n Lied van 'n wonderlike vriendin, Gwendoline wat my baie na aan die hart lê en wat ek soveel kere kliphard vir myself gesing het sê…  moenie die ladybird soek nie, hy sal jou vind, moenie baklei teen die wind nie, die wind sal weer draai, die mense se vergeet daarvan, vergeet van wat jy begeer, sorg dat jy gereed is die tyd sal leer.  Hou jou besig met goeie dinge die antwoord is nie in ‘n boek, moenie die ladybird soek nie, gaan lê net op die gras, en as jy later wakker word is jy oortrek van die ladybirds.


Dan sal ek afsluit met 'n gedeelte uit Marianne Williamson se boek, hierdie selfde wonderlike vriendin het dit vir almal wat by haar 40ste verjaarsdag was, op 'n bont stuk karton gedruk en dit is langs my rekenaar en ek kyk elke dag daaraan vas...

“Our deepest fear is not that we are inadequate.  Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.  It is our light, not our darkness that most frightens us.  We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?  Actually, who are you not to be?  You are a child of God.  Your playing small does not serve the world.  There is nothing enlightened about shrinking so that other people won’t feel insecure around you.  We are all meant to shine, as children do.  We were born to make manifest the glory of God that is within us.  It’s not just in some of us; it’s in everyone.  And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.  As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.”

...so gaan shine!  Ek en jy is gemaak om dit te doen...

Picture
My ma, pa en suster
Picture
My suster se doop
Picture
My ma en haar susters op haar troudag
Picture
Picture
My prinses dogter xxx
Picture
Ek op een van die gelukkigste dae van my lewe
Picture
'n vol vreugde familie paasfees pudding
Picture
Een van die eerste markte wat ek gedoen het met my keramiek
Picture
Van die eerste "Gwendoline" reeks
Picture
Picture
My eerste item in my pragtige studio in 2012
Picture
Ek en Gwendoline op 40 days
Picture
Matriekafskeid
Picture
Ek en my pragtige dogter! We were made to shine!
5 Comments
Elize
16/9/2015 07:02:22 am

"Powerful" en uit die hart.
Ek voel jou hartklop Suzanne.
My wens is dat dit altyd met jou sal goed gaan.
"Be in the moment,
alwaysl live life in the moment!
Jy is spesiaal💖

Reply
Gerda Mew
16/9/2015 07:03:03 am

Jy maak pragtige goed Suzaan. Ek ken jou nog nie lank nie maar het wonderlike kwaliteite in jou gevind. Jou lewensverhaal het my diep geraak. Jy is n vrou na God se hart.

Reply
Erin
16/9/2015 08:43:35 pm

Wow!!! 😘❤️

Reply
Gwendoline Kriek link
17/9/2015 10:19:11 am

My liefste maatjie van Malanstraat 10.

My hart is so seer as ek dit lees. Oor die groot, groot verlies van Sandra Wilhelmiena, reeds jare gelede. En elke dag is dit nogsteeds 'n verlies.

Maar my hart huil gelukkige trane oor ek hoor waar jy is. Jou kop hoog. In jou ma se spore.

En jy los spore waar jy gaan! (Jy los Sandra-Wilhelmiena-Suzanne-spore!) Met wie en wat jy is en met wat jy doen. En jy "shine"!!! You are a bright morning star!

En ek love jou sooooo! Die Here het my geseën toe Hy jou 'n odd 40 jaar gelede vir my gegee het as 'n maatjie.

Eks trots op jou!

Liefde

G

Reply
Liezl
17/11/2015 11:59:36 pm

Lanklaas het ek iets so mooi, so opreg en uit die hart gelees. Jou moeder was my heroin toe ons op laerskool was. Met haar wit Datsun bakkie en "I love Quilting" plakker op die venster. En haar hande/naaldwerk was net so pragtig.Sy het altyd die mooiste koraal lipstiffie en naellak gedra en sy het die mooiste bene gehad. Party mense sal in 'n hele leeftyd nooit 'n Ma ervaar soos wat jul in 'n paar geleende jare haar liefde ervaar het nie

Reply



Leave a Reply.

    Skrywer

    My naam is Suzanne en ek sien my klein koninkryk besigheid waar ek funksionele keramiek en ander items vervaarder  as 'n bediening om 'n boodskap van vreugde en genade te kan bring deur stukkies uit my eie lewe te deel.

    Argief

    August 2020
    October 2019
    July 2019
    February 2016
    October 2015
    September 2015

    Katagorie

    All

    RSS Feed

Website by Suzanne Toerien
  • Home
  • Products
  • Contact
  • Blog