Wat 'n ongelooflike vreemde tyd bevind ons onsself in! Soms voel dit vir my soos 'n droom, 'n movie... maar tog is dit nou ons werklikheid. Dit is nou amper 6 maande vanaf ek my grootste deel van my inkomste verloor het, soos julle weet het ek so bietjie meer as drie jaar terug begin met decor vir troues, wel geen troues was toegelaat tot nou nie. Tog was hierdie tyd presies wat ek nodig gehad het, ek kan tot so ver gaan as om te sê dit het my lewe gered. Dit het my gedwing om stil te word en te besef my gesondheid is nie wat dit moet wees nie. Ek het taamlik groot geskrik toe ek by my huis dokter uitvind my bloeddruk is 165 oor 110 en ek is basies heeltemal uitgebrand. So nou kan ek ook sê dat ek is op die brille en pille stadium van my lewe, jip ek het ook vir my 'n +1 brilletjie by Dischem gekoop. Nie net met my gesondheid nie, maar ook in my besighede weet ek presies waar ek wil gaan. 'n Blessing, wat voorwaar op die regte tyd gekom het, ek is so opgewonde vir die pad wat voor lê, nie net vir Sandra Wilhelmina nie, maar ook vir Melkbos Decor. Ek het nou die dag verby 'n trekker en wa gery, die pa of oupa het natuurlik die trekker bestuur en 'n klein ou seuntjie het agterop die wa gesit. Dit het soveel vreugde in my opgeborrel, vir dankbaarheid vir hierdie tyd, dankie dat ons gedwing is om rustig te word, om te besef wat regtig belangrik is. Mag ons hierdie dure dure lesse nooit ooit weer vergeet nie. Die virus is hier om te bly sê hulle... mag sy dure lesse ook vir altyd saam met ons bly. Mag ons stil en rustig bly en nooit weer terug gaan na die gejaag waar ons was nie, dankie dat ons kon sien wat belangrik is. I raise a hallelujah, in the presence of my enemies I raise a hallelujah, louder than the unbelief I raise a hallelujah, my weapon is a melody I raise a hallelujah, Heaven comes to fight for me I’m gonna sing, in the middle of the storm Louder and louder, you’re gonna hear my praises roar Up from the ashes, hope will arise Death is defeated, the King is alive I raise a hallelujah, with everything inside of me I raise a hallelujah, I will watch the darkness flee I raise a hallelujah, in the middle of the mystery I raise a hallelujah, fear you lost your hold on me Sing a little louder In the presence of my enemies Sing a little louder Louder than the unbelief Sing a little louder My weapon is a melody Sing a little louder Heaven comes to fight for me - Raise A Hallelujah - Bethel Music, Jonathan & Melissa Helser | VICTORY MY WEAPON IS A MELODY
0 Comments
Leave a Reply. |
SkrywerMy naam is Suzanne en ek sien my klein koninkryk besigheid waar ek funksionele keramiek en ander items vervaarder as 'n bediening om 'n boodskap van vreugde en genade te kan bring deur stukkies uit my eie lewe te deel. Argief
August 2020
Katagorie |